Geslagsel

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Gameet.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Tydens geslagtelike voortplanting vind 'n versmelting van twee geslagselle (gamete) plaas: 'n manlike saadsel en 'n vroulike eiersel. Hierdie selle kan dieselfde vorm en grootte hê (isogamete), of hulle kan van mekaar verskil (anisogamete). In laasgenoemde geval is daar gewoonlik sprake van 'n klein, beweeglike manlike spermsel en ʼn groot, onbeweeglike vroulike eiersel, By die mens en by diere word die geslagselle in die geslagskliere (testes en ovaria) gevorm. In die geval van plante vorm die helmhokke van die meeldrade en die saadknoppe in die stamper onderskeidelik die stuifmeel en die eierselle.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy