Geslote stad

Sentrale toegangskontrolepunt na die geslote stad Seversk, Tomsk Oblast, Rusland.

’n Geslote stad of dorp is ’n nedersetting waar reis- of verblyfbeperkings toegepas word sodat spesifieke magtiging vereis word om dit te besoek of daar te oornag. Sulke plekke kan sensitiewe militêre instellings of geheime navorsingsinstallasies wees wat baie meer ruimte of interne vryheid vereis as wat in 'n konvensionele militêre basis beskikbaar is. Daar kan ook 'n groter verskeidenheid permanente inwoners wees, insluitend nabye familielede van werkers of betroubare handelaars wat nie direk met klandestiene werk verbind is nie.

Baie geslote stede het in die Sowjetunie bestaan van die middel 1940's tot sy ontbinding in 1991.[1] Na 1991 het 'n aantal van hulle nog in die GOS-lande bestaan, veral in Rusland. In moderne Rusland staan sulke plekke amptelik bekend as "geslote administratief-territoriale formasies" (закрытые административно-территориальные образования, zakritije administratiwno-territorialnije obrazowanija, of ЗАТО, ZATO, vir kort).[2]

  1. Sergeeva, Kristina. "Mailbox44". Point.51 (in Engels (VK)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2023. Besoek op 26 Augustus 2022.
  2. https://www.nti.org/about/programs-projects/project/new-opportunities-russias-closed-cities/

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy