Gesondheidsbeleid

Die hoofkantoor van die Wêreldgesondheidsorganisasie in Genève, Switserland.

Gesondheidsbeleid kan gedefinieer word as die "besluite, planne en aksies wat onderneem word om spesifieke gesondheidsdoelwitte binne 'n samelewing te bereik". Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie kan 'n eksplisiete gesondheidsbeleid verskeie dinge bereik: dit definieer 'n visie vir die toekoms, dit beskryf prioriteite en die verwagte rolle van verskillende groepe, en dit bou konsensus en lig mense in.

Daar is baie kategorieë gesondheidsbeleid, insluitend globale gesondheidsbeleid, openbare gesondheidsbeleid, geestesgesondheidbeleid, gesondheidsorgbeleid, versekeringsbeleid, persoonlike gesondheidsorgbeleid, farmaseutiese beleid en beleid rakende openbare gesondheid, soos inentingsbeleid, tabakbeheerbeleid of borsvoedingbevorderingsbeleid. Hulle kan betrekking hê op onderwerpe van finansiering en die lewering van gesondheidsorg, toegang tot sorg, gehalte van sorg en gesondheidgelykheid.[1]

  1. Harvard School of Public Health, Department of Health Policy and Management About Health Care Policy Geargiveer 14 Mei 2011 op Wayback Machine, accessed 25 March 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy