Gewei

Die gewei van ’n edelhertbul. Die fluweelagtige buitenste deel bevorder bloedvloei en verskaf suurstof en voedingstowwe aan die groeiende been.

Gewei is die term wat verwys na die horings van lede van die hertfamilie. Hulle is uitbreidings van die skedel en is ware beenstrukture wat gewoonlik in simmetriese pare groei. In die meeste spesies het net bulle gewei, en die primêre doel daarvan is om die moontlikheid van seksuele seleksie deur koeie te vergroot en om met ander bulle te baklei. In gematigde klimaatstreke word die gewei elke jaar afgeskud en nuut gegroei. By rendiere kry bulle én koeie gewei.[1]

  1. New World Deer (Capriolinae). Answers.com

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy