'n Gewetensbeswaarde of diensweieraar is 'n "individu wat die reg opeis om te weier om militêre diens te doen"[1] op grond van sy of haar vryheid van denke, gewete of godsdiens.[2]
In party lande word gewetensbeswaardes toegedeel vir alternatiewe burgerlike diens as 'n plaasvervanger vir diensplig of militêre diens. Party gewetensbeswaardes beskou hulself as pasifiste, nie-intervensioniste, nie-weerstandbieders, nie-aggressiewes of antimilitariste.
Op 8 Maart 1995 het die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie in resolusie 1995/83 verklaar: "Mense wat militêre diens doen mag nie uitgesluit wees van die reg om gewetensbeswaar teen militêre diens aan te teken nie.[3] Dit is in 1998 herbevestig toe resolusie 1998/77 verklaar het dat " 'n persoon gewetensbesware kan ontwikkel terwyl hy of sy militêre diensplig verrig".[4][5][6][7] 'n Aantal organisasies oor die wêreld heen vier dié beginsel op 15 Mei as Internasionale Gewetensbeswaardesdag.[8]