Gewigstoot

'n Atleet voer 'n gewigstoot uit.

Gewigstoot is 'n velditem in atletiek wat die stoot (stoot eerder as gooi)[1] van 'n swaar sferiese ysterbal, sover as moontlik, deur 'n atleet behels. Die gewigstoot vir mans is al deel van die moderne Olimpiese spele sedert die herinstelling daarvan in 1896. Vroue se deelname het in 1948 begin.

Die gewig wat gestoot word, weeg 7,26 kg vir mans en 4 kg vir vroue. Dit moet vanuit 'n sirkel met 'n deursnee van 2,135 m gestoot word, en daar mag nie op, of oor, die voorste houtblok met 'n voet getrap word nie.

Die Antieke Grieke het klippe gewerp as 'n sport, maar in hierdie vorm gaan dit eintlik terug na die vroeëre weergawe van gewigstoot in die Skotse Hoogland-spele.[2]

  1. "Dictionary of the Scots Language:: SND :: Putt v n1".
  2. "IAAF". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy