Gezina Kruger

Gezina Kruger.
Pres. Paul en mev. Gezina Kruger.

Gezina Susanna Frederika Wilhelmina (gebore Du Plessis, bynaam tant Siena, Burgersdorp, Kaapkolonie, 5 Mei 1831Pretoria, Transvaal, 20 Julie 1901) was die tweede vrou van pres. Paul Kruger en die moeder van 15 van sy 17 kinders. Die Pretoriase voorstad Gezina is na haar genoem. Vanaf hul huwelik in 1847 het sy haar man amper 55 jaar lank as troue lewensmaat in voor- en teëspoed bygestaan en met haar afsterwe het sy die ou president diep bewoë en verslae in ballingskap agtergelaat. Volgens prof. S.P. Engelbrecht was sy "stil en teruggetrokke van aard, sober en eenvoudig in haar kleding. Haar krag het in die huislikheid gelê wat sy in haar gesin geskep het."[1]

  1. (af) Engelbrecht, prof. S.P., Agar-Hamilton, J.A.I., Pelzer, prof. A.N. en Behrens, H.P.H. 1952. Eeufees-album. Pretoria se eerste eeu in beeld. Pretoria:J.L. van Schaik, Beperk.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy