Ghwano

'n Nes van ghwano.
'n Rots wat met ghwano bedek is aan die kus van Kalifornië (VSA)

Ghwano is die ontlasting (droë mis) van vlermuise en voëls. Dit is besonder hoog aan stikstof, fosfaat en kalium, drie voedingstowwe wat noodsaaklik is vir die groei van plante. Daarom word dit dikwels as bemesting gebruik om plante vinniger te laat groei. Dit word op eilande waar seevoëls woon, bv. Voëleiland naby Lambertsbaai, ontgin.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy