Glock GmbH

GLOCK GmbH
Tipe Privaat onderneming
Gestig 1963[1]
Hoofkantoor Deutsch-WagramOostenryk
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieWapens
ProdukteVuurwapens
Messe
Verskansingsgereedskap
Kleding
Webwerfwww.glock.com

Glock GmbH (bemark as GLOCK) is ’n wapenvervaardiger met hul hoofkwartier in Deutsch-Wagram, Oostenryk en is vernoem na die stigter Gaston Glock. Hoewel die maatskappy bekend is vir die vervaardiging van slagpenaangedrewe polimeeromhulde pistole, vervaardig dit ook veldmesse, verskansingsgereedskap en kleding.

Glock handwapens word deur gewapende magte en wetstoepassingsorganisasies wêreldwyd gebruik, insluitend die meeste Amerikaanse wetstoepassers.[2] Die handwapens is ook baie gewild by burgerlikes vir persoonlike beskerming en die maatskappy borg ’n kompeterende skietspan wat die wêreld deurreis.[3] Soos op 2007 vervaardig Glock meer as 12 verskillende model van handvuurwapens in sewe verskillende kalibers.[4][5]

  1. www.businessweek.com. "Glock Maatskappy Tydlyn" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2012. Besoek op 21 Maart 2010. {{cite web}}: |last= has generic name (hulp)
  2. (en) Ayoob, Massad (Mei 2004), "Die Glock. Wenke om meer van die topverkoper te verkoop", Shooting Industry, http://findarticles.com/p/articles/mi_m3197/is_5_49/ai_n6054266/, besoek op 2 Desember 2009 
  3. (en) TEAM GLOCK (10 Augustus 2007). "GLOCK Skietspan behou hul segetog met veelvuldige oorwinnings". Persberig. Archived from the original on 19 Februarie 2009. https://web.archive.org/web/20090219063848/http://teamglock.com/PDF-Files/DaveNewEnglandRegional.pdf. Besoek op 2 Desember 2009. 
  4. (en) Dockery, Kevin (2007). Future Weapons. Berkeley Trade. pp. 158–159. ISBN 978-0-425-21750-4.
  5. (en) Hartink, A.E. (2002). The Complete Encyclopedia of Pistols and Revolvers. Edison, New Jersey: Chartwell Books, Inc. pp. 149–156. ISBN 978-0-7858-1519-8.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy