Griekwas (rugbyspan)

Griekwas
Bynaam(e) Poubloues
Embleem Gemsbok
Stigting 1886
Unie Griekwaland-Wes Rugbyunie
Ligging Kimberley
Streek Noord-Kaap
Stadion Griekwapark
Kapasiteit 11 000
President Monte Engelbrecht
HUB Arni van Rooyen
Afrigter(s) Pieter Bergh
Kaptein(s) Ruan Steenkamp
Liga(s) Curriebeker
Rugby-uitdaagreeks
2022 Curriebeker: 2de

Statistiek
Meeste wedstryde 161 André van Wyk
Meeste punte 791 Edrich Lubbe
Meeste drieë 61 Jearus Nicholas
Eerste wedstryd
1881
Grootste oorwinning
Limpopo Blou Bulle 5 – 124 Griekwas
(23 Maart 2013)
Grootste nederlaag
Griekwas 3 – 75 Westelike Provinsie
Unie webwerf
www.griquasrugby.co.za

Die Griekwas (weens borgskapsredes bekend as die Windhoek Draught Griekwas) is 'n provinsiale rugbyspan in Kimberley, Suid-Afrika.

Die Griekwas se voedingsbron vir spelers is uit die Noord-Kaap. Hulle tuisveld is die Griekwapark en hulle neem aan die Curriebeker- en SuperSport Rugby-uitdaagreeks (sedert 2017) deel. Griekwas se truikleur is poublou.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy