Grigori Potjomkin

Hierdie artikel handel oor die Russiese maarskalk Grigori Potjomkin. Vir ander artikels oor Potjomkin of Potemkin, sien die Potjomkin-dubbelsinnigheidsblad.
Grigori Potjomkin
Gebore
Grigori Aleksandrowitsj Potjomkin-Tawritsjeski
(Григо́рий Алекса́ндрович Потёмкин-Таври́ческий)

24 September 1739
Tsjizjowo, Smolensk
Sterf16 Oktober 1791
NasionaliteitRussies
BeroepStaatsman
TitelPrins Potjomkin van Tauris
EggenootKatharina die Grote (moontlik)
Ouer(s)Aleksander Potjomkin
Daria Skoeratowa

Prins Grigori Aleksandrowitsj Potjomkin-Tawritsjeski (ook Potemkin) (Russies: Григорий Александрович Потёмкин-Таври́ческий), (24 September 173916 Oktober 1791) was ’n Russiese maarskalk, staatsman en die minnaar van Katharina die Grote. Hy word veral onthou vir sy pogings om die wilde, ylbevolkte steppe van die Suid-Oekraïne te koloniseer wat in 1774 deel van Rusland geword het. Onder die dorpe wat hy gestig het, is Cherson, Nikolajef (Mikolajif), Sewastopol en Jekaterinoslaf (nou Dnipro). Hy was die seun van Alexander Potjomkin en Daria Skoeratowa.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy