Guido Gezelle | |
---|---|
Gebore | 1 Mei 1830 |
Sterf | Brugge, 27 November 1899 |
Guido Pieter Theodorus Josephus Gezelle (Brugge, 1 Mei 1830 - 27 November 1899) was 'n Vlaamse Rooms-Katolieke priester, liriese digter, hekeldigter, taalkundige en vertaler. Hy is bekend om sy fynsinnige gedigte oor die natuur, sy beeldende taalgebruik en as virtuoos taalkunstenaar. O 't ruischen van het ranke riet en Het Schrijverke uit die digbundel Vlaamsche Dichtoefeningen (1858) is slegs twee van sy bekendste werke.
Die tematiek van sy gedigte is op tipiese wyse romanties, met onderwerpe soos die natuur, vriendskap en die dood.