HTTPS

Internet- en netwerkprotokolle
Toepassingvlak: DNS  FTP  Gopher  HTTP  HTTPS  IMAP  IRC  NNTP  POP3  RTP  SIP  SMTP  SNMP  SSH  SSL  Telnet  UUCP  XMPP
Versendvlak: DCCP  SCTP  TCP  UDP
Netwerkvlak: ARP  ICMP  IGMP  IP(IPv4, IPv6RARP
Dataskakelvlak: ATM  Ethernet  FDDI  PPP  Token ring  Wi-Fi
volgens die TCP/IP-model

Hypertext Transfer Protocol over Secure Socket Layer oftewel HTTPS is 'n URI-skema wat gebruik word om aan te dui dat 'n veilige HTTP-verbinding gemaak is. Dit is sintakties identies aan die http:// skema wat gewoonlik gebruik word om toegang tot hulpbronne te verkry deur die HTTP-protokol. Deur die https: URL te gebruik word aangedui dat die HTTP protokol gebruik moet word maar dat 'n ander TCP-poort (443) by verstek gebruik moet word en dat 'n bykomende laag tussen die HTTP en TCP-protokol ingevoeg moet word wat versluiering en identifikasie funksies insluit. Hierdie stelsel is deur Netscape ontwikkel om die bevestiging van identiteit en versluierde kommunikasie te verskaf en word oral oor die Wêreldwye Web gebruik vir die beveiliging van sensitiewe kommunikasie soos onder ander betalinstransaksies en korporatiewe intekenings.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy