Haka

Die haka is 'n tradisionele genre van Māori-dans. Hierdie prent is van ca. 1845.

Die haka is 'n tradisionele oorlogskreet, oorlogdans, of uitdaging in die kultuur van die Nieu-Seelandse Māorivolk.[1] Dit is 'n houdingsdans wat deur 'n groep uitgevoer word, met kragtige bewegings en voetstampe tesame met ritmiese krete.[2]

Die oorlogshaka sou oorspronklik deur krygers voor 'n geveg uitgevoer word om die vyand te intimideer, maar haka is ook vir ander redes uitgevoer: vir die verwelkoming van geëerde gaste, of by ander groot gebeurtenisse, en kapa haka optredegroepe is baie algemeen in skole.

Nieu-Seelandse sportspanne se praktyk om 'n haka voor hulle internasionale wedstryde uit te voer het die haka regoor die wêreld bekend gemaak. Hierdie tradisie het begin met die 1888–89 New Zealand Native football team se toer en is sedertdien ook deur die Nieu-Seelandse rugby-unie span ("All Blacks") sedert 1905 voortgesit.[3]

  1. "Haka, Maori dance". Encyclopaedia Brittanica (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2020. Besoek op 26 April 2017.
  2. The group of people performing a haka is referred to as a kapa haka (kapa meaning row or rank). The Māori word haka has cognates in other Polynesian languages, for example: Tongan haka, 'hand action while singing'; Samoan saʻa, Tokelau haka, Rarotongan ʻaka, Hawaiian haʻa, Marquesan haka, all meaning 'dance'; Mangarevan ʻaka, 'to dance in traditional fashion; dance accompanied by chant, usually of a warlike nature'. In some languages, the meaning is divergent, for example in Tikopia saka means to 'perform rites in traditional ritual system'. The form reconstructed for Proto-Polynesian is *saka, deriving ultimately from Proto-Oceanic *saŋka(g).
  3. Hunt, Tom (19 September 2015). "Flashback: The All Blacks perform haka for the first time". Stuff (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 4 Mei 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy