Handratkas

Hefboom vir 'n handratkas, ook genoem 'n ratkierie
'n DAW-vragmotor se geopende ratkas
'n BMW-motorfiets se geopende ratkas

'n Handratkas is 'n soort transmissie wat in motorvoertuie gebruik word. Dit maak gebruik van 'n wrywingkoppelaar wat deur die bestuurder van die voertuig bedryf word. Dit word gekoppel en ontkoppel deur 'n voetpedaal (by 'n motor) of handhefboom (by 'n motorfiets), vir die regulering van die wringkrag wat die enjin na die dryfwiele oordra; en 'n ratkieser met die hand (motor) of met die voet (motorfiets).

'n Konvensionele, 4 of 5-gang-handratkas is dikwels die standaard-toerusting op 'n basismodelmotor; ander opsies sluit 'n outomatiese ratkas (dikwels 'n manumatic), 'n semi-outomatiese ratkas, of 'n palwisselratstelsel (CVT) in. Die aantal ratte word dikwels uitgedruk vir 'n outomatiese ratkas, bv. 3-gang outomaties, maar sonder 'n kwalifiseerder impliseer dit gewoonlik 'n handratkas.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy