Herbert Marcuse

Herbert Marcuse
Herbert Marcuse in Newton, Massachusetts 1955

Geboortenaam Herbert Marcuse
Gebore 19 Julie 1898
Berlyn
Oorlede 29 Julie 1979 (op 81)
Starnberg
Blyplek Duitsland, Amerika
Burgerskap Duits / Amerikaans
Beïnvloed deur Kant, Hegel, Marx, Freud, Husserl, Nietzsche, Heidegger
Invloed op Angela Davis, Jürgen Habermas, Abbie Hoffman, Douglas Kellner, Bob Black, Hakim Bey, Andrew Feenberg

Herbert Marcuse (* 19 Julie 1898 – † 29 Julie 1979) was 'n Duits-Amerikaanse filosoof, sosioloog, en politieke teoretikus, wat verband hou met die Frankfurt Skool van die Kritiese teorie. Marcuse is in Berlyn gebore en het by die Universiteit van Berlyn en daarna by die Universiteit van Freiburg gestudeer, waar hy sy Ph.D ontvang het.[1] Hy was 'n prominente figuur in die Frankfurt-gebaseerde Instituut vir Sosiale Navorsing – wat later bekend geword het as die Frankfurt Skool. Hy was getroud met Sophie Wertheim (1924–1951), Inge Neumann (1955–1972), en Erica Sherover (1976–1979).[2][3][4] In sy skriftelike werk, lewer hy kritiek op kapitalisme, moderne tegnologie, historiese materialisme en vermaak-kultuur, met die argument dat hulle 'n nuwe vorm van sosiale beheer verteenwoordig.[5]

Sy bekendste werke is Eros en Beskawing (1955) en Een-Dimensionele Man (1964). Sy Marxistiese siening het baie radikale intellektuele en politieke aktiviste geïnspireer in die 1960's en 1970's, beide in die Verenigde State van Amerika en internasionaal.

  1. Lemert, Charles. Social Theory: The Multicultural and Classic Readings. Westview Press, Boulder, CO. 2010.
  2. "Sophie Wertheim (1901–1951)" (in Engels). Marcuse.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2019. Besoek op 6 September 2013.
  3. "Inge Neumann (1913–1973)" (in Engels). Marcuse.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 5 Julie 2018.
  4. "Erica Sherover-Marcuse (1938–1988)" (in Engels). Marcuse.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2019. Besoek op 6 September 2013.
  5. Mann, Douglas. "A Survey of Modern Social Theory". Oxford University Press. 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy