Hilary Putnam

Hilary Putnam (2006)

Hilary Whitehall Putnam (31 Julie 192613 Maart 2016) was 'n Amerikaanse filosoof wat vanaf die sestigerjare 'n sentrale rol in die Westerse filosofie gespeel het, veral in die filosofie van die gees, die taalfilosofie en die wetenskapfilosofie.[1] Dit was tipies van Putnam dat hy ook voortgegaan het om sy eie filosofiese denke krities te ontleed, op soek na foute, wat hom die reputasie besorg het dat hy sy gedagtes redelik vinnig verander het. Aangesien hy ook oor baie verskillende onderwerpe geskryf het, is sy sienings soms moeilik om te bepaal.

  1. Casati R., "Hillary Putnam" in Enciclopedia Garzanti della Filosofia, ed. Gianni Vattimo. 2004. Garzanti Editori. Milan. ISBN 88-11-50515-1

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy