Hipernova

’n Nasa-kunstenaarsvoorstelling van SN 2006gy, een van die helderste hipernovas wat nog waargeneem is.

’n Hipernova is ’n soort sterontploffing met ’n energie wat aansienlik groter is as dié van ’n gewone supernova; dit is een van die mees katastrofale gebeure in die heelal. ’n Alternatiewe naam is ’n "superhelder supernova". Sulke ontploffings is vermoedelik die oorsprong van landurige gammaflitse.

Nes ander supernovas word hipernovas deur verskillende soorte sterontploffings veroorsaak: Sommige is waargeneem en ander is bloot teoreties. Verskeie hipernovas is waargeneem wat ooreenstem met supernovas van tipe Ic en tipe IIn, en moontlik minstens een van tipe IIb.[1]

  1. Hamuy, M.; Deng, J.; Mazzali, P. A.; Morrell, N. I.; Phillips, M. M.; Roth, M.; Gonzalez, S.; Thomas-Osip, J.; Krzeminski, W.; Contreras, C.; Maza, J.; González, L.; Huerta, L.; Folatelli, G. N.; Chornock, R.; Filippenko, A. V.; Persson, S. E.; Freedman, W. L.; Koviak, K.; Suntzeff, N. B.; Krisciunas, K. (2009). "Supernova 2003bg: The First Type IIb Hypernova". The Astrophysical Journal. 703 (2): 1612–1623. arXiv:0908.1783. Bibcode:2009ApJ...703.1612H. doi:10.1088/0004-637X/703/2/1612.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy