Hoendervleis

Gebraaide hoenderporsies
Heel hoenders op 'n supermark se spitbraaier
'n Heel gebraaide hoender

Hoendervleis is die vleis afkomstig van 'n hoender. Dit is die vleissoort wat die meeste geëet word ter wêreld. Hoender word as deel van 'n maaltyd soos middagete of aandete geëet. Dikwels is dit ook 'n spesialiteit in 'n restaurant of tydens feesdae soos Paasfees en Kersfees. Hoendervleis word, net soos die vleis van ander pluimvee (voëls), witvleis genoem.[1] Dit is in teenstelling met die rooivleis van soogdiere.

Hoendervleis kan op baie maniere voorberei word as voedsel, byvoorbeeld gerooster, op 'n braaier, gebak of gekook met allerlei kruie en speserye, selfs gekook in sop.

  1. (nl) Nederlandse voedingsentrum

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy