Hominini is die tribus van Homininae wat die genusHomo en verwante diere omvat ná die afskeiding van die tribus Panini (sjimpansees).[1][2] Die subtribus Hominina is die "menslike" tak en sluit die genus Homo in.
Evolusie van die Hominoidea: ná ’n aanvanklike afskeiding van die Hylobatidae van die hooflyn sowat 18 miljoen jaar gelede, het die lyn Pongidae afgeskei en gelei tot die huidige orang-oetang, terwyl die Hominidae later verdeel het in die Gorillini en Hominini.