House of Fraser

House of Fraser

Tipe Privaat dogtermaatskappy
Gestig 1849 in Glasgow, Skotland
Hoofkantoor Londen, EngelandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
SleutelpersoneMike Ashley (eienaar)
Frank Slevin (voorsitter)
Alex Williamson (hoof uitvoerende beampte)
Colin Elliot (hoof finansiële beampte)
Peter Gross (hoof operasionele beampte)
Gebied bedienVerenigde Koninkryk, Ierland, aanlyn
IndustrieHandelsbedryf
ProdukteKleding, kosmetika, huishoudelike voorwerpe, meubels, elektronika
Inkomste£681,0 miljoen (2011)
Bedryfsinkomste₤56,8 miljoen (2011)
Netto inkomste£37,2 miljoen (2011)
Werknemers4 900 plus 12 500 konsessie-personeel (Januarie 2017)
MoedermaatskappySports Direct International
Webwerfhouseoffraser.co.uk

House of Fraser is 'n Britse luukse afdelingswinkelketting wat in 2018 59 winkels in die Verenigde Koninkryk en Ierland in bedryf het. Die jaarlikse omset beloop meer as £1,2 miljard (ZAR16,8 miljard).

Die House of Fraser-afdelingswinkel in die Victoria Square-winkelsentrum in Belfast, Noord-Ierland is in 2008 geopen

Die onderneming is oorspronklik in 1849 in Glasgow, Skotland as Arthur and Fraser gestig. In 1891 het dit as Fraser & Sons bekend gestaan. Die maatskappy het in die vroeë 20ste eeu aanhou groei, maar eers ná die Tweede Wêreldoorlog het dit danksy 'n groot getal oornames tot 'n nasionale winkelketting uitgebrei. Tussen 1936 en 1985 is meer as sewentig ondernemings, hulle dogtermaatskappye nie ingereken nie, oorgeneem. Die onderneming is in 1948 vir die eerste keer op die Londense Effektebeurs genoteer en is uiteindelik by die FTSE 100-indeks ingesluit voordat dit in 2006 deur die Yslandse beleggingsmaatskappy Baugur Group oorgeneem is.

Die onderneming se oornames het baie huishoudelike name uit die kleinhandelbedryf ingesluit waarvan sommige as deel van die ketting se langtermynstrategie om winkels onder die House of Fraser-handelsmerk saam te snoer nie meer gebruik word nie. House of Fraser het 'n aantal bekende winkels gekoop, waaronder Army & Navy, Beatties, Dickins & Jones, Jenners, die afdelingswinkel Howells, Kendals, Rackhams, Binns en Harrods of Knightsbridge (tans in privaat besit). D H Evans se winkel in Londen se bekende Oxford Street-winkelstraat is in 2001 onder die naam House of Fraser heropen en dien tans as die ketting se vlagskipwinkel. Die grootste winkel van House of Fraser is in Birmingham geleë.

Ander maatskappye het 'n aantal pogings onderneem om die House of Fraser-groep oor te neem, soos byvoorbeeld Boots en Lonrho, maar dit was die oorname deur Baugur wat die eienaarskap van House of Fraser onder die Britse publiek se aandag gebring het. Baugur het in Februarie 2009 bankrot gespeel, en House of Fraser het vervolgens van eienaar gewissel. Die aandele aan House of Fraser word tans deur die Britse sakeman Mike Ashley gehou nadat die ketting in Augustus 2018 onder administrasie geplaas is. Onderhandelinge is onder meer met verhuurders gevoer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy