Oorsig | |
---|---|
Ook genoem | Hyundai Accent Verna (Venezuela) Hyundai Excel Hyundai Pony (Frankryk) Bimantara Cakra (Indonesië) Kia Qianlima (Sjina)[1][2][3] Dodge Brisa (Venezuela) |
Produksie | 1994–2000 (Suid-Korea) 1995–2006 (Egipte) |
Montering | Ulsan, Suid-Korea Kaïro, Egipte[4] Izmit, Turkye (Hyundai Assan)[5] Gaborone, Botswana (The Motor Company of Botswana)[6] Barcelona, Venezuela (MMC Automoriz) Bekasi, Indonesië |
Bakstyl | 4-deur sedan 3- of 5-deur luikrug 2-deur koepee |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | 1.3 L I4 (petrol) 1.5 L I4 (petrol) 1.6 L I4 (petrol) |
Ratkas | 5-gang handrat 4-gang outomaties |
Lengte | 4100 mm |
Breedte | 1620 mm |
Hoogte | 1395 mm |
Massa | 953–975 kg |
Asafstand | 2400 mm |
Die Hyundai Accent (Koreaans: 현대 엑센트), of Hyundai Verna (현대 베르나) in Suid-Korea, is 'n klein gesinsmotor wat deur Hyundai vervaardig was. In Australië was die eerste geslag modelle Hyundai Excel genoem, 'n naam wat deur die Accent se uitvoervoorganger gebruik is. Die Accent is in 2000 vervang deur die Hyundai Verna in Suid-Korea, hoewel dit die naam "Accent" behou het in die meeste internasionale markte.
Die Accent word vir die Sjinese mark vervaardig deur Beijing Hyundai Co, 'n gesamentlike onderneming met Beijing Automotive Industry Corporation vir die Russiese mark in Taganrog. In Meksiko word die Accent deur Chrysler bemark as die Dodge Attitude, en voorheen as die Verna deur Dodge. Tot in 2006 is dit in Venezuela deur Chrysler bemark as die Dodge Brisa. Die Brisa was gemonteer deur Mitsubishi Motors by sy aanleg in Barcelona, Venezuela. Sedert 2002 is dit die langste vervaardigde (dus oudste model) klein gesinsmotor wat nog verkoop word in Noord-Amerika.
Die Hyundai Accent is in 2008 as die betroubaarste subkompakte motor aangewys deur JD Power and Associates.