IAFD

Internet Adult Film Database
URL www.iafd.com
Kommersieel? Ja
Soort webwerf Pornografie
Rolprentdatabasis
Beskikbare tale Engels
Gelanseer 1995
Huidige status Aanlyn

Die Internet Adult Film Database (IAFD) is ’n aanlyn databasis van inligting oor die pornografiebedryf in Amerika: pornosterre, -regisseurs en -rolrente.[1] Dit is soortgelyk aan die Internet-rolprentdatabasis (IMDb) in die sin dat dit oop is vir die publiek en soektogte moontlik is. Prente wat nie in Amerika vervaardig is nie, is in die databasis indien ’n Amerikaanse uitreiking beskikbaar is; dan word die inligting oor die Amerikaanse weergawe verskaf.

  1. "Internet Adult Film Database - frequently asked questions". IAFD (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 6 Januarie 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy