Ian Khama

Ian Khama
Ian Khama
Ian Khama in 2014

Ampstermyn
1 April 2008 – 1 April 2018
Vise Ponatshego Kedikilwe
Mompati Merafhe
Mokgweetsi Masisi
Voorafgegaan deur Festus Mogae
Opgevolg deur Mokgweetsi Masisi

5de Adjunkpresident van Botswana
Ampstermyn
13 Julie 1998 – 1 April 2008
President Festus Mogae
Voorafgegaan deur Festus Mogae
Opgevolg deur Mompati Merafhe

Persoonlike besonderhede
Gebore 27 Februarie 1953 (1953-02-27)
Chertsey, Engeland, Verenigde Koninkryk
Politieke party Botswana Democratic Party (tot 2019)
Botswana Patriotic Front (sedert 2019)
Alma mater Royal Military Academy Sandhurst

Militêre Diens
Lojaliteit Vlag van Botswana Botswana
Diens/Tak Botswana Verdedigingsmag
Jare in diens 1977–1998
Rang Luitenant-generaal

Seretse Khama Ian Khama[1] (Ian a Serêtsê; 27 Februarie 1953 –)[2] is 'n Tswana-politikus wat tussen 2008 en 2018 as President van Botswana gedien het.

Ian Khama saam met die Chileense president Michelle Bachelet in 2017
Khama tydens die Londense konferensie oor onwettige wildhandel

Nadat hy as bevelvoerder van die Botswana Verdedigingsmag gedien het, het hy tot die politiek toegetree, vanaf 1998 tot 2008 as Adjunkpresident van Botswana gedien en aansluitend op 1 April 2008 Festus Mogae as President opgevolg.

Hy het 'n volle termyn in die 2009-verkiesing gewen en is in Oktober 2014 herverkies. Na tien jaar in amp het Ian Khama op 1 April 2018 self bedank en is deur adjunkpresident Mokgweetsi Masisi opgevolg.[3]

In Oktober 2019 is Masisi as Botswana se president herkies, nadat die Botswana Democratic Party sy grootste bedreiging van eenheid in meer as vyf dekades beleef het, aangesien Masisi se voorganger, Ian Khama, by die opposisie aangesluit en Masisi van outoritarisme beskuldig het.[4] Khama is voorheen tydens Masisi se eerste toespraak aan die nasie skerp aangeval.[5]

In April 2022 is Ian Khama gedagvaar om voor die hof in Botswana te verskyn. Die voormalige staatshoof word onder meer van die onwettige besit van ’n vuurwapen aangekla. Die saak dateer terug na 2016.[6]

  1. (en) "President Khama has a new official name". Mmegi Online. 11 Februarie 2016. Besoek op 18 Julie 2017.
  2. (en) "True to tradition, Khama is born to rule Botswana", Sapa-AFP (Pretoria News), 1 April 2008.
  3. (en) "This former African president stands out — and not just because he once crashed an air force plane". Los Angeles Times. 1 April 2018. Besoek op 19 Julie 2020.
  4. (en) "President Mokgweetsi Masisi holds on to power in Botswana poll". Financial Times. 25 Oktober 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 19 Julie 2020.
  5. (en) "Ian Khama, Masisi feud hits alarming levels – coup possible in Botswana?". bulawayo24.com. 3 Februarie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 19 Julie 2020.
  6. (en) justice/ Africannews[dooie skakel].

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy