Ibis

Ibisse
Threskiornis aethiopicus in Durban, Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Pelecaniformes
Familie: Threskiornithidae
Subfamilie: Threskiornithinae
Poche, 1904
Genera

Sien teks

Kop en poot van die Asiatiese ibisspesie Pseudibis papillosa. Kenmerkend van die subfamilie is die lang afgeboë snawel, en soos by die naverwante lepelaars is die tone effens geweb naby hul basis.

Ibisse (Threskiornithinae) is 'n subfamilie van voëls wat aan die familie van ibisse en lepelaars (Threskiornithidae) behoort. Die ibisse is verdeel in genera wat endemies tot die Ou Wêreld is, en ander wat tot die Nuwe Wêreld beperk is.

Ibisse is waadvoëls met lang bene en lang afgeboë snawels. Hulle soek gewoonlik in groepe kos, meestal skaaldiere wat hulle uit die modder oppik. Die meeste spesies broei in bome, dikwels met lepelaars of reiers.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy