Internasionale Paralimpiese Komitee

Internasionale Paralimpiese Komitee
Kenteken van die Internasionale Paralimpiese Komitee
Kenteken van die Internasionale Paralimpiese Komitee
Franse naam Comité international paralympique
Engelse naam International Paralympic Committee
Duitse naam Internationales Paralympisches Komitee
Land wêreldwyd
Sportsoorte Paralimpiese sportsoorte
Gestig op 22 September 1989
Gestig in Düsseldorf, Duitsland
President Andrew Parsons
Adjunkpresident Duane Kale
Konfederasies APC, EPC, OPC
Setel Bonn, Duitsland
Lede 176 Nasionale Paralimpiese Komitees
Affiliasies Wêreldbeheerliggame van elke Paralimpiese sportsoort
Amptelike tale Engels, Frans, Duits en die gasheer se ampstaal (indien nodig)
Amptelike webwerf olympic.org

Die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK; Engels: International Paralympic Committee; Frans: Comité international paralympique; Duits: Internationales Paralympisches Komitee) is 'n internasionale nie-regeringsorganisasie wat op 22 September 1989 gestig is om na die belange van gestremde atlete om te sien.

Kantoor van die IPK in Bonn

Die komitee se naam is afgelei van die Griekse woord "para" (wat "parallel" of "saam met" beteken), en het niks te doen met parapleë nie.

Die IPK organiseer die Paralimpiese Spele en ander sportgeleenthede. Die IPK en sy Nasionale Paralimpiese Komitees organiseer ook Paralimpiese kompetisies op nasionale vlak.

'n Raad van vyftien lede sien na die daaglikse belange van die organisasie om tussen nasionale komitee-vergaderings. Andrew Parsons is tans die komitee se voorsitter. Hy is ook 'n lid van die Internasionale Olimpiese Komitee.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy