Ismaeliete

'n Kaart van Ismaelitiese stamme in die Pre-Islamtiese Arabië.

Die Ismaeliete (Arabies: بَنِي إِسْمَاعِيل, Banī Ismā'īl, "seuns van Ismael"; Hebreeus: יִשְׁמְעֵאלִים, Yīšməʿēʾlīm) was 'n versameling van verskeie Arabiese stamme, stamkonfederasies en klein koninkryke wat in die Abrahamitiese tradisie afgestam het van en genoem is na Ismael, 'n profeet volgens die Koran, die eerste seun van Abraham en die Egiptiese Hagar.

Volgens Genesis in die Bybel het Ismael een dogter en 12 seuns gehad; die "twaalf heersers" wat in Genesis 17:20 genoem word. In die Islamitiese tradisie het dit gelei tot die "Twaalf Stamme van Ismael", Arabiese stamme waarvan die vroeë Moslems afgestam het. In Joodse tradisie stam die Twaalf Stamme van Israel van Abraham en sy vrou, Sarah, se seun Isak af, deur Isak se seun Jakob.

Ismael se seuns was Nebajot, Kedar, Adbeël, Mibsam, Misma, Duma, Massa, Gadad, Tema, Jetur, Nafis en Kedma

Genesis en 1 Kronieke beskryf die Kedariete as 'n stam wat afstam van Ismael se tweede seun, Kedar. Sommige Abrahamitiese geleerdes beskryf die historiese stam die Nabateërs as afstammelinge van Nebajot vanweë die ooreenstemming van klanke, maar ander verwerp dié verbintenis. Volgens verskillende Islamitiese groepe stam die profeet Mohammed óf van Kedar óf van Nebajot af.

Assiriese en Babiloniese inskripsies verwys na die Ismaeliete as Sumu'ilu, 'n stamkonfederasie wat beheer sou oorneem van die wierookhandelsroete tydens die oorheersing van die Nieu-Assiriese Ryk in die noorde.[1][2][3]

  1. Eph'al, Israel. The Ancient Arabs: Nomads on the Borders of the Fertile Crescent, 9th–5th Century B.C. Magnes Press, Hebrew University, 1984.
  2. Knauf, Ernst Axel. Ismael: Untersuchung zur Geschichte Palästinas und Nordarabiens im 1. Jahrtausend v. Chr. Harrassowitz, 1985. 1–5, 81–91.
  3. Noble, John Travis (2013). "Let Ishmael Live Before You!" Finding a Place for Hagar's Son in the Priestly Tradition. Harvard University. {{cite book}}: Onbekende parameter |degree= geïgnoreer (hulp)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy