Jacobus Nicolaas Boshoff

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Jacobus Nicolaas Boshoff/Historia Junior.
Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!
Indien altwee gekoppel is, sien hier.

Jacobus Nicolaas Boshoff
Jacobus Nicolaas Boshoff

Ampstermyn
15 Mei 1855[1] – Mei 1859
Voorafgegaan deur J.P. Hoffman
Opgevolg deur E.R. Snijman

Persoonlike besonderhede
Gebore 31 Januarie 1808
Kogmanskloof, Montagu, Kaapkolonie
Sterf 24 April 1881 (op 73)
Weston, Pietermaritzburg, Natal
Eggenoot/-note Adriana Petronella Gertruida van Aswegen (1827–1878)
Louisa Perry van der Berg (1880)
Religie Nederduits Gereformeerd

Jacobus Nicolaas Boshoff, ook wel J.N. Boshoff, (Kogmanskloof, Montagu, Kaapkolonie, 31 Januarie 1808 – Weston, Pietermaritzburg, 21 April 1881), was 'n Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, 'n Voortrekker en die tweede Staatspresident van die Oranje-Vrystaat van 1855 tot 1859.[2]

Tydens sy termyn moes hy verskeie probleme die hoof bied, onder andere 'n dreigende oorlog met die Basotho en die Zuid-Afrikaansche Republiek (onder leiding van president Marthinus Wessel Pretorius) se poging om die Vrystaat te annekseer. Weens sy steun vir 'n plan van goewerneur sir George Grey om 'n Suid-Afrikaanse federasie tot stand te bring, neem sy gewildheid by talle burgers af. Hy bedank in 1858, keer na KwaZulu-Natal terug en dien etlike jare as parlementslid vir Kliprivier in die kolonie se Wetgewende Raad.

  1. Venter, E.A. (1980). 400 Leiers in Suid-Afrika oor vier eeue. Potchefstroom: Privaat. p. 505p. ISBN 0-620-03622-2.
  2. Rosenthal, Eric, "Encyclopaedia of Southern Africa", Juta and Company Limited, Kaapstad, 1978.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy