Jacques Kallis

Jacques Kallis
Jacques Kallis in 2009
Volle naam Jacques Henry Kallis
Gebore 16 Oktober 1975 (1975-10-16)
Pinelands, Kaapstad, Suid-Afrika
Bynaam(e) Jakes, Woogie, Ducklis
Lengte 1,80 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm vinnig-medium
Rol Veelsydige speler
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 262) 14 Desember 1995 v Engeland
Laaste Toets 26-30 Des 2013 v Indië
Toetshempno. 27
EDI debuut (no 38) 6 Januarie 1996 v Engeland
Laaste EDI 12 Julie 2014 v Sri Lanka
EDI hempno. 3
T20I debuut (no 4) 21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland
Laaste T20I 2 Oktober 2012 v Indië
T20I hempno. 3
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
1993- Westelike Provinsie/Kaapse Kobras
1997 Middlesex
1999 Glamorgan
2008–2010 Royal Challengers Bangalore
2011–2014 Kolkata Knight Riders
2014–2015 Sydney Thunder
2015- Trinidad and Tobago Red Steel
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang A-Lys
Wedstryde 166 328 257 424
Lopies aangeteken 13,289 11,579 19,695 14,845
Kolfgemiddeld 55.37 44.36 54.10 43.53
100s/50s 45/58 17/86 62/97 23/109
Hoogste telling 228 139 224 155*
Aflewerings geboul 20,232 10,750 29,033 13,673
Paaltjies 292 273 427 351
Boulgemiddeld 32.65 31.83 31.69 30.68
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 5 2 8 3
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 0 0 0
Beste boulontleding 6/54 5/30 6/54 5/30
Vangskote/Stonkings 200/– 131/– 264/– 162/–
Bron: Cricinfo, 14 Februarie 2016

Jacques Henry Kallis (* 16 Oktober 1975 te Kaapstad) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het vir etlike jare die titel as die wêreld se veelsydigste internasionale krieketspeler gehou. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999, 2003, 2007 en 2011, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009, 2010 en 2012, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004, 2006 en 2009 vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[1] Jacques Kallis is in Augustus 2020 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[2]

  1. (en) Firdose Moonda (27 Maart 2013). "Victorious in Dhaka". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.
  2. (en) "Jacques Kallis, Zaheer Abbas and Lisa Sthalekar enter ICC's Hall of Fame". ESPNcricinfo. 23 Augustus 2020. Besoek op 23 Augustus 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy