Jimmy Carter

James E. Carter Jr.
39ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 20 Januarie 197720 Januarie 1981
Voorganger Gerald Ford
Opvolger Ronald Reagan
Geboortedatum (1924-10-01)1 Oktober 1924
Geboorteplek Plains, Georgia
Sterftedatum 29 Desember 2024 (op 100)
Sterfteplek Plains, Georgia
Eerste Dame Rosalynn Carter (1946–2023; haar dood)
Politieke party Demokraat
Visepresident Walter Mondale
Handtekening

James Earl Carter Jr. (1 Oktober 192429 Desember 2024) was die 39ste President van die Verenigde State van 1977 tot 1981. Voor dit was hy die goewerneur van die Amerikaanse deelstaat Georgia. Hy het in 1979 die Camp David-vredesooreenkoms tussen Egipte en Israel help bemiddel. Carter was bekend as ’n godsdiensman wat baie liefdadigheidswerk gedoen het. Hy was ook 'n outeur en ontvanger van die 2002-Nobelprys vir Vrede.[1][2]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) "The Nobel Peace Prize 2002". Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in