John Brown (dienskneg)

John Brown

Gebore (1826-12-08)8 Desember 1826
Oorlede 27 Maart 1883 (op 56)
Nasionaliteit Skots
Beroep Handlanger en dienskneg
Werkgewer Koningin Victoria

John Brown (8 Desember 182627 Maart 1883) was jare lank ’n Skotse dienskneg en gunsteling van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk. Sy bekwaamheid en vriendskap is deur baie waardeer, onder andere die koningin. By ander was hy minder gewild vanweë sy invloed en informele optrede. Die presiese aard van die vriendskap tussen hom en die koningin was al die onderwerp van baie gissings – toe en nou.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy