Justinus I van Bisantium

Justinus I
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Justinus I uitbeeld.
’n Muntstuk wat Justinus I uitbeeld.
Bewind 5181 Augustus 527
Volle naam Flavius Justinus Augustus
Dinastie Justiniaanse
Gebore Omstreeks 450
Oorlede 1 Augustus 527
Voorganger Anastasius I
Opvolger Justinianus
Eggenote Euphemia

Justinus I (Latyn: Flavius Iustinus Augustus, Grieks: Ἰουστίνος; omstreeks 450 – 1 Augustus 527) was die Bisantynse keiser van 518 tot met sy dood in 527. Hy het opgang in die leër gemaak en eindelik keiser geword, hoewel hy ongeletterd was,[1] toe hy amper 70 jaar oud was. Sy bewind is betekenisvol vir die stigting van die Justiniaanse Dinastie, wat sy beroemde nefie Justinianus I insluit, en sy wette wat die invloed van die ou Romeinse adel verminder het.

  1. Chapman, H. John (1971). Studies on the Early Papacy. Kennikat Press, Universiteit van Michigan. p. 210. ISBN 0-8046-1139-4.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy