Kaap Canaveral- ruimtemagstasie

Die Kaap Canaveral- ruimtemagstasie, amptelike naam Cape Canaveral Space Force Station (CCSFS) is 'n installasie van die Amerikaanse Ruimtemag se "Space Launch Delta 45", geleë op Kaap Canaveral in Brevard County, Florida.

Met sy hoofkwartier by die nabygeleë Patrick-ruimtemagbasis, is die stasie die primêre lanseerterrein vir die Ruimtemag se Oostelike Baan [1] met drie lanseerplatforms wat tans aktief is (Ruimtelanseerkomplekse 37B, 40, en 41). Die fasiliteit is suidoos van NASA se Kennedy-ruimtesentrum op die aangrensende Merritt-eiland, met die twee verbind deur brûe en oorweë. Die Cape Canaveral Space Force Station Skid Strip beskik oor 'n 3 000 meter (10 000 voet) aanloopbaan[2] naby die lanseerkomplekse vir militêre lugbrugvliegtuie wat swaar en oormaatloonvragte aan die Kaap lewer.

CCSFS is in die Verenigde State
CCSFS
CCSFS
Ligging van die Kaap Canaveral- ruimtemagstasie in die Verenigde State van Amerika.
  1. CAST 1999, p. 1-12.
  2. "World Aero Data: Cape Canaveral AFS Skid Strip – XMR". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2012. Besoek op 31 Augustus 2008.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy