Kaapse Plooigordel

Kaart van die Wes-Kaap waarop die Kaapse Plooiberge aangedui word. Dit is nie deel van die Groot Eskarp nie (dié word in blou aangetoon). Die Kaapse Plooigordel strek so ver oos as Gqeberha, sowat 150 km buite die regterkant van die kaart.

Die Kaapse Plooigordel is ’n plooi-en-oorskuiwingsgordel uit die laat Paleosoïkum wat die opeenvolging van die lae afsetselgesteentes van die Kaapse Supergroep in die suidwestelike hoek van Suid-Afrika beïnvloed het.[1] Die gesteentes is hoofsaaklik skalie en sandsteen, met die skalie (Bokkeveld-groep) in die valleibodems terwyl die erosiebestande sandsteen (Skiereiland-formasie) die parallelle bergreekse van die Kaapse Plooiberge vorm. Dié berge bereik ’n maksimum hoogte van 2 325 m by die Seweweekspoortpiek.

Die Kaapse Plooiberge vorm ’n reeks parallelle bergreekse wat 850 km ver al langs die suidwestelike kuslyn van Suid-Afrika afloop, vanaf die Sederberg 200 km noord van die Kaapse Skiereiland, en dan al langs die suidkus tot so ver as Gqeberha (Port Elizabeth), 650 km oos van die skiereiland. (Sien kaart regs.)

  1. Shone R.W. & Booth P.W.K. (2005). "The Cape Basin, South Africa: A review". Journal of African Earth Sciences. 43 (1–3): 196–210. doi:10.1016/j.jafrearsci.2005.07.013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy