Kagerarivier

Kagerarivier
Die samevloeiing van die Kagera- en Ruvubu-riviere naby die Rusumo-waterval, tussen Rwanda en Tanzanië.
Die samevloeiing van die Kagera- en Ruvubu-riviere naby die Rusumo-waterval, tussen Rwanda en Tanzanië.
Die samevloeiing van die Kagera- en Ruvubu-riviere naby die Rusumo-waterval, tussen Rwanda en Tanzanië.

Die stroomgebied van die Kagerarivier.

Oorsprong Rwerumeer
op die grens tussen Burundi en Rwanda
Monding Victoriameer, naby Bukoba
Tanzanië
Stroomgebied Burundi, Rwanda, Uganda en Tanzanië
Lengte 400 km (250 myl)
Oorspronghoogte 1 350 m (4 429 vt)
Mondinghoogte 1 134 m (3 720 vt)
Stroomgebiedopp. 60 000 km²

Die Kagerarivier (Engels: Kagera River; Swahili: Mto Kagera), soms ook Akagerarivier genoem, vorm die begin van die Nylrivier se boloop en is met 'n lengte van 400 km die grootste invloei van die Victoriameer.[1]

Rusumo-watervalle (gesien vanaf Rwanda, oorkant Tanzanië). Op die agtergrond die monding van die Ruvubu (links bo) in die Kagera (vloeirigting na links onder).

Die Kagerarivier ontstaan as uitvloei vanuit die Rwerumeer op die grens tussen Burundi en Rwanda, net noordoos van die Tanganjikameer. Aansluitend vloei die rivier in 'n oostelike rigting en vorm die grens tussen Rwanda in die noorde en Tanzanië in die suide. Verder oos begin die Kagerarivier in 'n noordelike rigting vloei tot by die drielandepunt tussen Rwanda, Uganda en Tanzanië. Vanaf hier vloei die rivier in 'n oostelike rigting op die grens tussen Uganda in die noorde en Tanzanië in die suide, maar later net suid van dié grens. Verder oos vloei die Kagerarivier naby Bukobain in die Victoriameer.

  1. (en) Stanley, H.M., 1899, Through the Dark Continent, London: G. Newnes, bl. 167, ISBN 0486256677

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy