Kagiso Rabada

Kagiso Rabada
Kagiso Rabada in 2016
Gebore 25 Mei 1995 (1995-05-25)
Johannesburg, Suid-Afrika
Lengte 1.91
Kolfstyl Linkshandig
Boulstyl Regterarm snel
Rol Snelbouler
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 323) 5 November 2015 v Indië
Laaste Toets 30 Maart 2018 v Australië
EDI debuut 10 Julie 2015 v Bangladesj
EDI hempno. 25
T20I debuut (no 62) 5 November 2014 v Australië
T20I hempno. 62
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2013/14 Gauteng
2014/15– Lions
2016 Kent
2017 Delhi Daredevils
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rangs A-lys
Wedstryde 30 48 48 66
Lopies aangeteken 410 177 611 226
Kolfgemiddeld 13.22 16.09 13.00 12.55
100s/50s 0/0 0/0 0/0 0/0
Hoogste telling 34 26 48* 26
Aflewerings geboul 5613 2,428 9,141 3,336
Paaltjies 143 75 210 96
Boulgemiddeld 21.59 27.57 22.95 30.36
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 9 1 11 1
10 paaltjies in 'n wedstryd 4 0 5 0
Beste boulontleding 7/112 6/16 9/33 6/16
Vangskote/Stonkings 12/- 13/- 17/- 17/-
Bron: cricinfo, 3 April 2018

Kagiso Rabada (gebore 25 Mei 1995 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler, wat in al die formate van die spel speel. Rabada, wat bekend is onder die bynaam KG,[1] is 'n snelbouler en speel plaaslike krieket vir die Highveld Lions. Hy het sy Proteabuiging in November 2014 gemaak in beperkte boulbeurtkrieket en die volgende jaar ook sy Toetsdebuut in November 2015. Hy het onder meer tydens die Kampioenetrofee 2017, die krieketwêreldbekertoernooie in 2019 en 2023, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2016, 2021, 2022 en 2024 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-wêreldbeker 2024 kon Suid-Afrika vir die eerste keer die eindstryd van 'n krieket- of T20I-wêreldbekertoernooi vir mans haal, maar hulle het naelskraap met sewe lopies teen Indië verloor.[2]

Rabada was op hoërskool by St Stithians Boys College, tot hy sy skoolloopbaan voltooi het in 2013. Teen Januarie 2018 was hy bo-aan beide die IKR-EDI-boulerranglys en die IKR-toetsboulerranglys op die jeugdige ouderdom van 22.

In Julie 2016 het Rabada die eerste speler geword om ses toekennings by Krieket Suid-Afrika (KSA) se jaarlikse dinee te ontvang, insluitend die prys as die Krieketspeler van die Jaar.[3]

  1. (en) "South Africa bowler Kagiso Rabada to join Kent in June". The Daily Telegraph. 18 Februarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2018. Besoek op 29 Junie 2016.
  2. (en) Andrew Fidel Fernando (27 Junie 2024). "South Africa demolish Afghanistan to enter their maiden men's World Cup final". ESPNcricinfo. Besoek op 30 Junie 2024.
  3. (en) "Rabada dominates CSA awards". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2017. Besoek op 27 Julie 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy