Kaldera

Die berg Mazama in Oregon, VSA, se uitbarstingstydlyn. Dit is 'n voorbeeld van 'n kaldera wat vorm.

'n Kaldera is 'n groot holte wat vorm kort nadat die magmakamer van 'n vulkaan leeg geraak het in 'n vulkaniese uitbarsting. Wanneer groot volumes magma in 'n kort tyd uitgeskiet word, is daar nie meer strukturele steun vir die rots bo die magmakamer nie. Die grond stort dan af tot in die leë of halfleë magmakamer en laat 'n enorme depressie op die oppervlak (met 'n deursnee van een tot tientalle kilometers).[1]

Hoewel 'n kaldera soms as 'n soort krater beskryf word, is dit eintlik 'n soort sinkgat, omdat dit gevorm word deur 'n instorting eerder as 'n ontploffing of impak. Sedert 1900 het net sewe kalderavormende instortings sover bekend plaasgevind, waarvan die mees onlangse een in 2014 by die Bárðarbunga-vulkaan in Ysland was.[2]

  1. Troll, V. R.; Walter, T. R.; Schmincke, H.-U. (1 Februarie 2002). "Cyclic caldera collapse: Piston or piecemeal subsidence? Field and experimental evidence". Geology (in Engels). 30 (2): 135–138. Bibcode:2002Geo....30..135T. doi:10.1130/0091-7613(2002)030<0135:CCCPOP>2.0.CO;2. ISSN 0091-7613.
  2. Gudmundsson, Magnús T.; Jónsdóttir, Kristín; Hooper, Andrew (15 Julie 2016). "Gradual caldera collapse at Bárdarbunga volcano, Iceland, regulated by lateral magma outflow" (PDF). Science. 353 (6296): aaf8988. doi:10.1126/science.aaf8988. PMID 27418515. S2CID 206650214.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy