Kalipso (mitologie)

Kalipso, deur William Hamilton.

Kalipso (Grieks: Καλυψώ, "sy wat wegsteek")[1] is in die Griekse mitologie 'n nimf wat op die eiland Ogigië woon, waar sy Odusseus volgens Homeros se Odussee sewe jaar lank aangehou het. Sy het hom onsterflikheid belowe as hy by haar bly, maar hy het verkies om huis toe te gaan.

  1. Grimal, Pierre, The Dictionary of Classical Mythology, Wiley-Blackwell, 1996, ISBN 978-0-631-20102-1. "Calypso" p. 86

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy