Karoo-ystydperk

Geraamde omvang van die Karoo-ysvorming (in blou) oor Gondwana tydens die Perm-Karboon-tydperk.
Gletser-keileem met graspolle.

Die Karoo-ystydperk van 360 miljoen tot 260 miljoen jaar gelede was die tweede groot ystydperk van die Fanerosoïese Eon. Dit is genoem na die gletser-keileem wat in die Karoo in Suid-Afrika gevind is, wat gelei het tot die identifikasie van dié ystydperk.

Die tektoniese samesmelting van die kontinente Euramerika en Gondwana om Pangea te vorm het ’n groot landmassa in die Antarktiese streek tot gevolg gehad, en die gevolglike afsluiting van twee oseane het gelei tot baie kouer somers en die vorming van sneeuvelde in die winter. Dit het daartoe gelei dat gletsers in die bergstreke gegroei en na aanliggende gebiede versprei het. So is kontinentale ysplate gevorm wat ’n groot deel van Gondwana bedek het.

Minstens twee groot ysvormingstydperke is ontdek:

  • Die eerste ysvorming het in die Mississippium-periode (359,2 miljoen tot 318,1 miljoen jaar gelede) voorgekom: ysplate het van ’n kern in Suider-Afrika en Suid-Amerika versprei.
  • Die tweede ysvorming was in die Pennsylvanium-periode (318,1 miljoen tot 299 miljoen jaar gelede); ysplate het van ’n kern in Australië en Indië versprei.

Die presiese omvang van ysvorming in Antarktika is onbekend weens die huidige ysplaat.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy