Kentum-tale

Kaart van die benaderde omvang van die kentum- (blou) en satem-tale (rooi)

Kentum-tale, genoem na die Latynse woord centum (spreek uit as: kentoem), vorm 'n subgroep van die Indo-Europese tale, saam met die Satem-tale. Veral die westelike Indo-Europese tale behoort tot hierdie subgroep, met uitsondering van Togaars.

Die benaming word ontleen aan die verskynsel dat die Indo-Europese tale onder te verdeel is in een groep waarby die woord vir die getal 100 met velare of palatale plofklank begin (byvoorbeeld k), en in een groep waarby die woord vir 100 met 'n alveolêre of 'n palato-alveolêre frikatiewe klank begin (byvoorbeeld s of sj).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy