Khomas

Khomas
Hoofstad: Windhoek
Grootste stad: Windhoek
Webwerf: www.arc.org.na Geargiveer 7 Mei 2005 op Wayback Machine
Ligging van Khomas in Namibië
'n Pad in Khomas

Khomas is een van die 14 streke van Namibië. Die streek se naam is van die Khomas Hochland afgelei. Khomas se hoofstad en grootste stad is Windhoek. In die ooste grens Khomas aan Omaheke, in die noorde aan Otjozondjoepa, in die weste aan Erongo en in die suide grens dit aan Hardap. Die streek word gekenmerk as heuwelagtige met baie dale. Dit is ekonomies goed ontwikkel. Die Khomas-streek behels 4,5% van die grondgebied van Namibië[1] maar het die hoogste bevolking van alle streke. Khomas is een van drie streke in Namibië wat nie 'n kuslyn of buitelandse grens het nie.

  1. Kapitako, Alvine (12 November 2010). "ELECTIONS 2010: Khomas Region profile / New Era - Skills Shortage Worries Govt". New Era (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy