Klei

Montmorilloniet, 'n kleimineraal, op kwarts

Klei is 'n natuurlike materiaal wat uit uiters klein deeltjies bestaan. Dit is 'n verwerings- of erosieproduk wat as sediment deur water vervoer word. Materiaal wat fyner as 4 μm is, word gewoonlik deur boukundiges en grondspesialiste klei genoem. Kleimineraloë gebruik 2 μm as grens.

Klei bestaan gewoonlik uit kleiminerale. Hulle is gehidrateerde aluminiumsilikate wat soms ook ione van alkali- en aardalkalimetale en yster bevat.[1]

  1. Applied Clay Mineralogy: Occurrences, Processing and Applications of Kaolins, Bentonites, Palygorskitesepiolite, and Common Clays, Haydn H. Murray, Elsevier, 2006, ISBN 0-08-046787-3, ISBN 978-0-08-046787-0

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy