Kneukel

Kneukels van 'n hand.

'n Kneukel is die uitstaande dorsale oppervlak van die vinger- of voetgewrig. Kneukels is twee bene wat bymekaar kom om 'n buigpunt te vorm. Kneukels staan gewoonlik uit en is duidelik sigbaar as die hand in 'n vuis toegevou word.

Hoorbare krake vanaf kneukels word veroorsaak deur die sinoviale vloeistof wat die vakuum wat deur die beweging veroorsaak word vul.

’n Mens kan jou kneukels gebruik om te onthou watter maande 31 dae het.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy