Kombersjas

Alex Kapranos dra 'n kombersjas

'n Kombersjas of duffelbaadjie is 'n jas gemaak van duffel, 'n growwe, dik, wolmateriaal. Die naam is afgelei van Duffel, 'n dorp in die provinsie van Antwerpen in België waar die materiaal ontstaan. Duffelsakke was oorspronklik gemaak van dieselfde materiaal.

Die duffeljas het aanvanklik ontstaan uit die Poolse militêre jas, wat ontwikkel is in die 1820's. Die kappie en tokkelhegstukke was gewild gewees en die item versprei daarna oor die hele Europa teen die 1850's.[1] In die 1850s het kleremaker John Partridge die eerste weergawe van die duffeljas vervaardig.[2] Teen 1890 was dit as standaard verskaf aan die Koninklike Britse Vloot, en veldmaarskalk Lord Montgomery was 'n bekende draer van die jas in die Tweede Wêreldoorlog. Na afloop van die oorlog, het die jasse vryelik beskikbaar geword as surplusvoorraad van die regering, en het veral gewild geword by studente.

  1. "Duffle coat history" Gentleman's Gazette
  2. "Duffle coat", Encyclopedia of clothing and fashion

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy