Komkommerkruid

Komkommerkruid
Komkommerkruid in blom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Familie:
Genus:
Spesie:
B. officinalis
Binomiale naam
Borago officinalis
Sinonieme

Die komkommerkruid (Borago officinalis), ook bernagie genoem, is 'n maklik herkenbare, grofharige, eenjarige plant in die blomplantfamilie Boraginaceae, en dra blou blomme.

Dit is inheems aan die Middellandse Seegebied en het ingeburger geraak op baie ander plekke.[1] Dit groei bevredigend in tuine in die meeste klimaatsones, en oorleef in dieselfde tuin van jaar tot jaar deur selfsaaiing. Die blare is eetbaar en daarom word die plant hiervoor gekweek in tuine in sommige dele van Europa. Die plant word ook kommersieel verbou vir komkommerkruidolie uit sy sade.

  1. Altervista Flora Italiana, Borragine comune Borago officinalis L.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy