Kotorosl

Die Kotoroslrivier vloei in Jaroslawl

Die Kotorosl (Russies: Ко́торосль) is 'n regtersytak van die Wolga in die Jaroslawl-oblast van Rusland. Die rivier vloei uit die Nero-meer naby Rostov verby Karabikha en vloei die Wolga in Jaroslawl binne. Dit is 132 km lank en het 'n opvanggebied van 6 370 vk km.[1]

In die Middeleeue was die rivier strategies belangrik, omdat dit Rostov verbind het met die belangrikste waterweë van Rusland. Die belangrikste sytak van die Kotorosl is die Ustye.

  1. «Река Которосль (Которость, Котороть, Векса)», Russian State Water Registry

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy