Krieket Ierland | |
---|---|
Kenteken van Krieket Ierland
| |
Engelse naam | Cricket Ireland |
Afkorting | CI |
Lande | Ierland en Noord-Ierland |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | 1923 |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit op | 6 Julie 1993 |
Vastelandse beheerliggaam | Europese Krieketraad |
President | William Wilson |
Voorsitter | Brian MacNeice |
Hoof- uitvoerende beampte | Warren Deutrom |
Setels | Clontarf en Malahide, Dublin, Ierland |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | cricketireland.ie |
Krieket Ierland (Engels: Cricket Ireland, afgekort “CI”), oftewel die Ierse Krieketunie (Irish Cricket Union, “ICU”), is die bestuursliggaam wat krieket in Ierland (beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland) beheer. Die beheerliggaam is in 1923 gestig en het sy setels in Clontarf en Malahide, Dublin. Sedert 2017 verteenwoordig dit Ierland by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n volle lid en ook by die Europese Krieketraad (European Cricket Council, “ECC”).