Kroonstad

Kroonstad
Voortrekker Sarel Cilliers se standbeeld op die gronde van die NG Moedergemeente by Kruisstraat. Cilliers staan op 'n wapenwa waar hy die Bloedrivier-gelofte maak.
Voortrekker Sarel Cilliers se standbeeld op die gronde van die NG Moedergemeente by Kruisstraat. Cilliers staan op 'n wapenwa waar hy die Bloedrivier-gelofte maak.
Kroonstad is in Vrystaat
Kroonstad
Kroonstad
 Kroonstad se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°39′48″S 27°13′56″O / 27.66333°S 27.23222°O / -27.66333; 27.23222
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikFezile Dabi
MunisipaliteitMoqhaka
Stigting1855
Oppervlak
 • Totaal74,81 km2 (28,88 vk. myl)
Hoogte
1 369 m (4 491 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal24 723
 • Digtheid330/km2 (900/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense10.1%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense4.0%
 • Swart mense85.2%
 • Ander0.3%
Taal (2011)
 • Suid-Sotho 73.3%
 • Afrikaans 15.8%
 • Engels 3.1%
 • Xhosa 2.5%
 • Ander 5.3%
Poskode (strate)
9499
Poskode (posbusse)
9500
Skakelkode056

Kroonstad is 'n dorp in die Noord-Vrystaat en is gestig in 1855. Kroonstad is genoem na 'n perd, genoem Kroon, wat besit is deur Sarel Cilliers. Die perd is beseer in die Kroonspruit.

Die Sarel Cilliers-brug oor die Valsrivier in Kroonstad.

Die Valsrivier vloei deur die dorp en die N1 nasionale pad strek as 'n snelweg langs die dorp verby.

Die bevolking van Kroonstad (en sy townships) was 168 762 in 2011. Kroonstad was die hoofstad van die Oranje-Vrystaat van 13 Maart tot 11 Mei 1900. (Sedertdien is Bloemfontein die hoofstad.)

'n Groot deel van die ontwikkeling en ekonomie van die dorp is te danke aan die mielieboerdery in die streek, die groot militêre basis, die groot gevangenisdiensaanleg (insluitend die -opleidingskollege) en die spoorweg.

Die dorp het 'n ryk geskiedenis in terme van die Anglo-Boereoorlog.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Kroonstad". Sensus 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy