Krugerhuis

Krugerhuis
'n Beeld van die museum.
Krugerhuis

Plek Pretoria
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Openingsjaar 1934
Tipe museum Geskiedkundige huis
Webtuiste Ditsong: Kruger Museum

Die Krugerhuis of Krugerhuismuseum is die historiese Pretoriase woning van die Afrikanerleier en president van die Zuid-Afrikaansche Republiek Paul Kruger. Die Krugerhuis is tans 'n biografiese huismuseum wat die tydperk waarin Paul Kruger geleef het, weerspieël. Die huis is in Kerkstraat 60, naby Kerkplein en die standbeeld van Paul Kruger geleë. Die museum bestaan uit die oorspronklike woning, twee uitstalsale en Kruger se amptelike treinwa.[1]

  1. Kruger-huis is 'n besoek werd; Museum vol gedenkwaardighede Geargiveer 20 Junie 2015 op Wayback Machine, Beeld, 20 Desember 2002

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy