Krukas

'n Platvlakkrukas (rooi), suiers (grys) in hul silinders (blou), en vliegwiel (swart).

Die krukas is 'n meganiese onderdeel van 'n enjin wat in staat is om die resiprokerende beweging van 'n suier om te skakel na 'n draaibeweging. In 'n resiprokerende enjin, skakel dit die resiprokerende beweging van die suier om na rotasiebeweging; terwyl dit in 'n resiprokerende kompressor, die rotasie-beweging in resiprokerende beweging omskakel. Ten einde die omskakeling tussen die twee bewegings te kan doen, het die krukas krukpenne, bykomende dra-oppervlaktes wat se as uit lyn geplaas is t.o.v. die krukas, en waaraan die grootkoppe van die koppelstange van elke silinder heg.

Die krukas word gewoonlik aan 'n vliegwiel gekoppel om die polsende aard kenmerkend van die vierslagsiklus te verlaag. Soms word 'n vibrasiedemper ook aan die teenoorgestelde kant van die krukas geïnstalleer. Hierdie vibrasies word dikwels veroorsaak deur wringkragte van die silinders verste van die aangedrewe kant, wat oor die krukaslengte voortgeplant word, weens die elastisiteit van die metaal.

Skematiese voorstelling van die werking van 'n krukmeganisme

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy